VANDAG

Hy het voor my deur kom staan:

Ek soek ‘n bydrae om tot in Humansdorp te reis..

na Lanswood Dairies, hulle het dalk vir my werk

Ek is ‘n Christenmens

Asseblief, ek het net dertien rand, maar…

ek het ‘n kombers wat u vir u hondjie kan koop.

Ek voel soos ‘n kluit,

want ek het hom weggestuur.

Ek het ook maar net mieliepap te ete gehad.

 

 

 

 

Advertisements
  • NOG VERDERE ONTWIKKELING VAN DIE WONDER TROUE

Toe Maria en Josef trou

Was daar ‘n groot bruilofsmaal

hoeveel kanne wyn was uit die kelder gehaal

hoe het die hele seremomie ontvou

hoeveel kanne wyn was uit die kelder gehaal

vir die besondere vrolike bruilofsmaal?

 

Hoe het die hele seremonie ontvou…

gooi die ruiker, wie sou die volgende trou?

Op die besondere vrolike bruilofsmaal

dans, die Kind word gebore net eenmaal

Toe Josef met Maria trou.

 

Gooi die ruiker, wie sou die volgende trou?

Hoeveel wyn was uit die kelder gehaal…

dans want die Kind word gebore net eenmaal

Na Josef met Maria trou.

 

Kon Josef toe die glas stukkend trap

want sowaar dit is g’n grap

in Joodse vrolikheid – dis tradisie

voor die verantwoordelikheid van familiefusie.

 

Want sowaar dit is geen grap

Hierdie opdrag is erger as spykers inkap

voor die verantwoordelikheid van familiefusie

deur die skrynwerkerswinkelkommissie.

 

Hierdie opdrag is erger as spykers inkap

In Joodse vrolikheid – dis tradisie

deur die skrynwerkerswinkelkommissie

kon Josef toe die glas stukkend trap.

 

Ek wonder toe Josef en Maria trou.

(kopiereg: Lettie Breytenbach)

17/02/2018